Dramatiese moment

As promised I will be posting some of my essays I had to write when I made my artworks.  The first one I am going to post is an explanation of the A3 pen sketch I made.  The theme of the artwork was “a dramatic moment” (I must apologize, the essay is in Afrikaans).Image

Elegante kleure wat verby fladder in woordelose bewegings.  Strelend, sag en misterieus…  Die skoenlapper, een van God se mooiste skeppings, is vol simboliese betekenis en word gesien as ’n gewilde motief in visuele kuns en letterkunde.

In Japan word ’n skoenlapper gesien as die personifikasie van ’n mens se siel, die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het.  Die antieke Griekse taal bevestig dit ook, want die Griekse woord vir skoenlapper beteken “siel” en “verstand”.  In die Chinese kultuur word twee skoenlappers wat saam vlieg, gesien as ’n simbool van liefde.  In sommige ouer kulture simboliseer skoenlappers ’n nuwe lewe en dit verwys na die metamorfose wat ruspes ondergaan om te verander in skoenlappers.  Skoenlappers verteenwoordig ook die vryheid van jou gees en die geluk en vreugde wat jy ervaar.  Dit lyk asof skoenlappers dans en die dans van die skoenlappers kan jou leer om nie die lewe so ernstig op te neem nie, maar eerder te fokus op die mooi van die lewe en om die lewe te geniet, waarokal jy gaan.

Die skoenlapper kan gesien word as ’n uitstekende voorbeeld van aanhou en nie moed verloor nie.  Die ruspe het die einde van sy lewe bereik, maar toe word hy as’t ware weer gebore as ’n skoenlapper.  ’n Nuwe lewe vol hoop en nuwe vooruitsigte.  Die kans om oor te begin en aan te gaan met jou lewe.

Daar word geglo dat as ’n skoenlapper op jou kom sit, dit ’n teken van goeie geluk is.  Daarom beeld ek my dramatiese moment uit deur die moment te skets toe ’n skoenlapper op die meisie se skouer kom sit het.  Haar posering en gesigsuitdrukking beklemtoon die misterieuse element van die tema en dra by tot die emosie en gevoel van die komposisie.  Die rooi ink word gebruik as ’n komplimentêre kleur en verleen slegs meer kleur aan die skets.  Die kleur word nie simbolies verbind nie.

Die sirkels wat gebruik word in die agtergrond is ook simbolies en dui op die siklus (metamorfose) wat ondergaan word.  Die metamorfose dui ook op ons lewens.  Baie keer maak ons foute en kry seer en dit lyk dalk soos die einde van die wêreld, maar dan kom verskyn daar ’n stukkie hoop en ons besef dat dit nie help om te bly lê nie, maar dat ons moet opstaan en aangaan.  Die skoenlapper in die skets beeld die hoop en geluk uit wat die meisie ontvang.

Feel free to comment or to send me feedback!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s